Chris en sy dapper Snypoort Ridders is bang vir niks en niemand nie. Wel, tot hulle besluit om die ou verlate spoorweghuis ’n ent buite die dorp te gaan verken. Daar wag egter ’n paar verrassings op hulle. Nie net het Snypoort dapper seuns nie, maar ook ’n paar dapper meisies. Wanneer die seuns en meisies se paaie by die spoorweghuis kruis, lei dit tot groot bangmaakpret en avonture. Wie sal as wenners uit die stryd tree? Jong, julle sal die boek moet lees vir daardie antwoord!
Skadu van misleiding (Groot Druk)
R259.00Wanneer Fred Swanepoel se vrou, Nadia, op ’n doodgewone oggend ontvoer word, word sy rustige lewe in Groenvlei in duie
gestort. Die polisie se spore loop dood, maar Fred se vasberadenheid groei—hy sal haar terugkry, al beteken dit hy moet
self die monsters in die skadu’s in die oë kyk. Intussen ontdek Nadia dat haar ontvoerder iemand uit haar verlede is—’n
man met ’n siek, obsessiewe liefde wat jare lank in die donker op haar gewag het. Terwyl sy veg vir haar lewe, ontrafel
’n bose netwerk van mensehandel, korrupsie en wraak…

Reviews
There are no reviews yet.