Martina hoop om haar liefde vir die digkuns hoër hoogtes te laat bereik met die bundel getiteld, “Anders geïnspireerd”. Hiermee het sy een doel en dit is om ander te inspireer. Die meeste van die verse is gebore uit ‘n plek van baie seer waarmee ander moontlik kan vereenselwig. Om hierdie bundel te publiseer, is haar grootste droom.
As blare val en bloei
R199.00“As blare val en bloei …” is die digter se debuut-bundel wat bestaan uit twee dele, nl: “die natuur” en “die mens”. Alhoewel die verse afsonderlik ingedeel is, is daar egter ‘n sentrale goue draad verweef wat deurgaans vloei deur die bundel. Eg emosionele versugtinge, soeke na aanvaarding as gevolg van liggaamlike gebrek, heimwee asook nostalgiese herinneringe kry weerklank in verse oor die natuur se skoonheid, maar ook in die wisselwerking tussen mens en natuur.

Reviews
There are no reviews yet.