Price range: R99.00 through R229.00

Arondshoop bundel 2

Met elke verhaal neem die  Skrywers die leser saam op ’n verbeeldingsvlug deur die denkbeeldige plattelandse dorpie, geleë iewers tussen Êrens en Nêrens, waar almal mekaar ken.

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
Afrikaans
Clear
All Ages
Clear
978-1-92851-381-0 193 2020-08-07 Afrikaans N/A

Meet The Author

Arondshoop beleef vir die eerste keer die wonder van tegnologie, maar die dorpie is hopeloos te klein vir die bankbestuurder se tienerdogter. Selfs Elna met haar plomp lyfie se trokdrywer-man gaan soek groener weivelde en die paneelklopper, Jac, slaan die nuwe pastoortjie se voete onder hom uit.
By die huisie in die bos loop Shelta haar vas in die veelbesproke Sus Stols. Marcus daag by die verkeerde huis op, maar hy besluit hy wil hierdie mooi mens wat oorkant hom sit, beter leer ken.
Die ganse Arondshoop is aan die gis wat die nuwe juffrou gaan optower vir die jaarlikse skoolkonsert, terwyl Milla en Marco hulle deur mevrou Dominee laat ompraat om as beoordelaars op te tree by die Mej. Arondshoop kompetisie.
Die ruimtewese op die wetenskaplike se stoep is daar met ’n doel, hy het die kuur waarna Karel Viljoen al so lank soek om kanker te genees. En dominee Brink word wakker gehuil deur ’n honger, koue en nat baba op sy voorstoep. ’n Pragtige sjokolade baba. Aan die ander kant, behaal ou Dominee voorbladnuus wanneer hy verlei word deur die wulpse Janette.
Met elke verhaal neem die Skrywers die leser saam op ’n verbeeldingsvlug deur die denkbeeldige plattelandse dorpie, geleë iewers tussen Êrens en Nêrens, waar almal mekaar ken.

Book Type

, ,

Language

Age Group

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Arondshoop bundel 2”