Price range: R99.00 through R359.00

101 Lekkerlees stories

Hierdie prag-kortverhaalbundel bied die kieskeurigste leser so ’n ietsie van alles onder die son. Humor, nostalgie, romanse, aksie, ens…

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
Afrikaans
Clear
All Ages
Clear
978-1-99123-212-0 347 2022-09-17 Afrikaans N/A

Meet The Author

Hierdie prag-bundel bied die kieskeurigste leser so ’n ietsie van alles onder die son. Humor, nostalgie, romanse, aksie, ens…
Net so ’n klein voorsmakie waaroor die bundel gaan: Hoe skryf jy jou kind af, as jou bloed na hom roep en jou siel oor hom huil? En hoe verwerk ’n man dit as hy sy verloofde ’n week voor hulle troue, op ’n ander man se skoot betrap.Peter Gouws word skuldig bevind aan verraad en tereggestel deur ’n vuurpeloton, terwyl Magdalene met haar regterhand vryf oor haar maag, daar waar die klein bultjie begin wys…
Marlene vertel van Dominee wat kom huisbesoek doen omdat Ma so ’n bietjie handuit ruk, maar sy kry vir Dominee bitter jammer. Sy kén haar ma se tong. En wat sal jý doen as jy op die buurplaas gaan kers opsit en ’n spook saam met jou huis toe ry agterop jou fiets?
Die nar sorg dat Lida se grootste wens waar word, en Anja is bekommerd oor die komende simfoniekonsert. Hoe gaan sy die orkeslede lei, as sy nie die musiek kan hoor nie.
Allesverloren se ou plaasopstal lyk vervalle. Skielik twyfel Renata of sy die regte ding doen. Dan, meteens wéét sy. Sy’s na Allesverloren ontbied om Japie en Elizabeth se tragiese liefde te verwoord.

Book Type

, ,

Language

Age Group

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “101 Lekkerlees stories”