“Vanoggend brand die helder son weer alles dood,” praat Amanda met Paul, wat net sit, moedeloos, met sy kop in sy hande. “Wat ook al gebeur, my vrou, ek het hierdie stuk aarde baie lief,” antwoord Paul. “Die Moordenaarskaroo is wreed, dor en naby die hel,” praat Amanda hardop met haarself. Die timbre in haar stem roep haar hele wese tot stilstand.
Stilwees
R149.00Ek leef my droom uit en ek speel daarin met woorde. Dit is wie ek is. Mag elkeen my speeltyd met woorde geniet soos ek dit geniet het om die stilwees in my te vind. Ons lewe gaan so gou verby en daar is min dinge wat ons kan nalaat soos woorde..
sou die nag sonder son my met ‘n slakkepas groet
en my oë se kyk die sterre loop soek
volg jy die swart-en-wit…
die skaakmat in my oë want
sewentig maal sewe het ek geleef
as my nag se mantel meteens in twee sal skeur
soek my waar jy my sal vind
tussen die maan en sterre
woorde is my liefdespel
waarmee ek daar sal speel
tot ons eendag… miskien weer sal sien

Reviews
There are no reviews yet.