Talita Groenewald se lewe verbrokkel in een oomblik toe haar verloofde haar verraai en vir ‘n ander vrou kies. In haar pyn en wanhoop maak sy ‘n besluit wat haar lewe vir altyd verander – ‘n enkele nag saam met ‘n onbekende man. Maande later dra sy die gevolge van daardie besluit alleen. Verstoot deur die mense wat sy die liefste het en vasbeslote om haar seuntjie te beskerm, bou sy ‘n nuwe lewe vir haarself. Maar die verlede het ‘n manier om jou in te haal… Wanneer Talita ontdek dat die man wat sy probeer vergeet het, niemand anders as die invloedryke Jacques Streicher is nie, word haar wêreld weer omvergewerp. Sal sy die moed hê om die waarheid te onthul? En sal Jacques haar kan vergewe vir die geheim wat sy al die jare bewaar het?
Dertien vir geluk (Grootdruk)
R309.00Sommige glo Vrydag die dertiende bring ongeluk… maar wat as dit die dag is waarop jou lewe begin verander?Rudolf Brink het vroeg geleer dat geluk nie vir almal bestem is nie. Ná ‘n kinderjare vol pyn, verlies en skuld bou hy vir homself ‘n lewe waarin daar geen plek vir liefde is nie. As gerespekteerde dokter glo hy dat emosies net seermaak – en dat sy hart veiliger is agter hoë mure. ‘n Hartroerende liefdesverhaal oor tweede kanse, emosionele genesing en die ontdekking dat ware geluk soms op die mees onverwagte dag op jou wag.

Reviews
There are no reviews yet.