Simon Veenstra is die eienaar van ‘n pragplaas in die laeveld. Sy plaasvoorman, se enigste dogter Surita, raak verlief op sy aantreklike seun Armand Veenstra. Hy is sewe jaar ouer as sy en op die punt om verloof te raak, aan die ewe skatryk dogter van sy pa se beste vriend.
Surita ontmoet hom die aand van sy voorgenome verlowing. Hy belowe om die volgende dag by hulle bywonershuisie te kom kennis maak met haar ouers. Daardie nag verander haar lewe van rigting. Haar pa sterf onverwags en Armand en sy pa bied hulp en ondersteuning aan. Armand se hart breek vir die ongelukkige jongmeisie, en hy troos haar na die beste van sy vermoë.
Haar lewe verander drasties, wanneer sy en haar ma die plaas verlaat en by haar ma se broer gaan bly. Sy is in ekstase as sy besef dat haar oom haar gaan toelaat om student te mag word… maar die noodlot kies anders. Surita se jong lewe spat aan skerwe.
Sy besluit om haar lot alleen te dra. Sy mag nie haar ma of haar geliefde oom met haar onmoontlike hartseer belaai nie. Teen hulle sin gaan sy weg van hulle; alleen sal sy haar besluit makliker kan uitvoer. Tyd stap aan en Surita en Paul se dogter, Chrisna, ontmoet die uiters aantreklike Derick op universiteit.
Derick en Chrisna kondig hul voorgenome huwelik aan.Surita se wêreld spat weer uitmekaar. Hoeveel keer boet een mens vir ‘n oortreding waaraan jy onskuldig is? Surita besef dat daar nooit ‘n bladsy uit jou lewensboek geskeur kan word sonder dat die littekens agterbly nie. Geen boek kan ooit toegemaak word voordat die verlore bladsye teruggeplaas kan word nie.
Die man van Proxima (Grootdruk)
R229.00Toe die jong wetenskapstudent, Lourette Greyling, vreemde boodskappe uit die sterre ontvang, glo sy aanvanklik dat sy haar verbeelding die oorhand laat kry. Maar wanneer Maques, die geheimsinnige man van Proxima, voor haar verskyn, verander haar lewe onherroeplik. Hy neem haar op ‘n ongelooflike reis deur die kosmos – na wêrelde wat deur hul eie roekeloosheid vernietig is en beskawings wat die prys van hul onverskilligheid betaal het. Met elke openbaring besef Lourette dat die aarde se toekoms op die spel is. Maar hoe oortuig ‘n mens die wêreld van ‘n waarheid waarvoor daar geen bewyse bestaan nie? En sal die mensdom luister voordat dit te laat is? Die man van Proxima is ‘n aangrypende wetenskapfiksieroman vol verwondering, avontuur en ‘n tydlose boodskap oor die waarde van die enigste tuiste wat ons het.

Reviews
There are no reviews yet.