De Boer het laataand by ‘Wynsee’ aangekom nadat hy ‘n verlowingspartytjie op een van die naburige plase bygewoon het. Daar het geen lig gebrand nie en alles was doodstil. Iets aan die prentjie het net nie reg gelyk nie. Toe kom Bastian uit die skuur se rigting aangehardloop. Die stalseun het bewend voor hom inmekaargesak. Dit was duidelik dat daar groot fout was. In die huis het hy iets ontdek wat hom skielik verander het van n vredeliewende man na n wraaksoeker. En niks sou in sy pad staan tot en met die dag van vergelding nie.
Hierdie roman vol intriges, handel oor moord, verraad, hebsug en de Boers-wraak. Dis ‘n avontuurverhaal wat ons van die eerste tot laaste bladsy laat regop sit en lees. Dit is ook ‘n liefdesverhaal tussen mense wat baie redes het om mekaar te vermy – maar tog nie kan weerstaan om te ontmoet nie.
Dit is boeiend en spanningsvol, tog slaag Diamante en die Skerpioen daarin om ‘n hartroerende romanse te wees.
Trane in ʼn kruik
Price range: R100.00 through R259.00Louisa se stryd om haar identiteit en die konflikte met haar aanneemouers raak die leser diep. Kan dit lei tot hoop en versoening?

Reviews
There are no reviews yet.