Price range: R89.00 through R219.00

Diamante wat fluister

(1 customer review)

Diamante wat fluister is n sielroerende spanningsroman wat jou vasgryp en nie weer loslaat nie. Sonia Mouton is n eensame vrou aan die vooraand van haar aftrede moeg vir alleen wees en vatbaar vir die warm woorde van n man wat haar nog nooit in die o gekyk het nie. Wanneer professor Damion Marx, n ryk en charismatiese argeoloog, haar uitnooi om haar lewe agter te laat vir n toekoms saam met hom in die hart van die Namib, begin Sonia haar tasse pak maar is alles regtig soos dit lyk?

In Kroonville verdwyn n vrou spoorloos. n Jong konstabel begin vrae vra wat niemand anders vra nie. Hoe hou haar verdwyning verband met die geheimenisse van die woestyn en die eksotiese plaas Blinkpan? Terwyl die woestyn haar asem ophou, ontvou n verhaal van liefde, bedrog, en verlore identiteit. Kan liefde blind wees vir gevaar? Of is dit juis in die fluistering van diamante dat die waarheid verklap word?

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
Afrikaans
Clear
All Ages
Clear
978-1-99744-325-4 180 2025-07-25 Afrikaans N/A ,

Meet The Author

Diamante wat fluister is n sielroerende spanningsroman wat jou vasgryp en nie weer loslaat nie. Sonia Mouton is n eensame vrou aan die vooraand van haar aftrede moeg vir alleen wees en vatbaar vir die warm woorde van n man wat haar nog nooit in die o gekyk het nie. Wanneer professor Damion Marx, n ryk en charismatiese argeoloog, haar uitnooi om haar lewe agter te laat vir n toekoms saam met hom in die hart van die Namib, begin Sonia haar tasse pak maar is alles regtig soos dit lyk?

In Kroonville verdwyn n vrou spoorloos. n Jong konstabel begin vrae vra wat niemand anders vra nie. Hoe hou haar verdwyning verband met die geheimenisse van die woestyn en die eksotiese plaas Blinkpan? Terwyl die woestyn haar asem ophou, ontvou n verhaal van liefde, bedrog, en verlore identiteit. Kan liefde blind wees vir gevaar? Of is dit juis in die fluistering van diamante dat die waarheid verklap word?

Book Type

, ,

Language

Age Group

1 review for Diamante wat fluister

  1. marsdrey

    Jip, ek het Sondagoggend 01:00 al klaar gelees … want ek kon dit net nie neersit nie!

    Ina Cantoni het hier in my land Namibië kom reis vir ‘n wyle – al is dit ook net deur haar woorde. Sy het my aandag vasgevang binne die eerste hoofstukke … toe daar eers op Namibiese grondgebied geland word, kyk toe het die poppe nou behoorlik begin dans.

    Die misterie, intrige, en verraad loop soos ‘n aar deur hierdie verhaal. Geen oomblik kan jy net rustig terugsit nie, want om die volgende draai wag daar nog avontuur, nog aksie.

    Die verhaal is ‘n balans van liefde en verraad, en hoe die groot geld god mense se waardes vertroebel en hulle lewens oorneem dat hulle vir niks sal skroom om hulle beloning te kry wat hul glo hul toekom nie. Alles en almal wat in die pad is word eenvoudig oor gestoomroller.

    Die karakters hou jou aan die raai, aan die wonder wie is vriend en wie is vyand.
    Ina Cantoni weereens ‘n treffer uit jou pen, ek het dit ontsettend geniet en is van mening dat dit ‘n moet-lees-boek is.

    Marsofine Krynauw

Add a review