Die eerste deel van die boek, in digvorm, gaan oor hoe ek Jesus se ervaring van seerkry sien in Sy oneindige Liefde vir Israel, haar verwerping van Hom as Bruidegom, en Sy diep pyn deur dit alles.
Ek het Hom gevra as jong student om my te leer wat Jesus moes deurgaan op Aarde en glo hierdie boek is wat ek ervaar het Sy ervaring was. Dit was vir my n oneindige las om op skrif te kry en by tye vir my so werklik, dat ek Hom gesmeek het om dit van my af weg te neem. In daardie opsig was ek jammer dat ek Hom dit gevra het, want dit was net te verskriklik, maar vandag weet ek: Hy is werklik God met ons .
Dit vertel Sy storie van voor geboorte op aarde, sy tyd met Sy dissipels, Sy seerkry in Jerusalem, regdeur die kruisiging en daarna, insluitende Sy ervaring van Kerk vandag, van mense se swaarkry en pyn in die lewe en dan die goeie nuus dit ook, ja dit ook, kom tot n einde. Daar is werklik ‘n tyd vir alles.
Die res van die boek is kombinasie van gedigte wat ek uit verskillende lewenservarings, en dikwels met Sy Hand in dit soos dit sal blyk, oor baie jare neergepen het.
Die laaste deel, in storie-formaat, is my eerste poging vir ‘n reisjoernaal, wat ek graag wil skryf volgende en is reistog saam met my eerste vrou, Marion, wat vroeg in 2019 oorlede is. Ek is intussen baie gelukkig weer getroud met my 2de vrou Annamie, met pragtige stiefkinders ingesluit.
Gevonnis tot Vrede
R129.00Sy kan haarself hoor dink al raas die stilte vir niks en niemand verruil sy haar menswees… haar vrede… in haar wildste drome sou sy nooit kon dink dat sy eendag hierdie leefstyl sou beklink.
Die wind bring stemme van ver en sy geniet die geselskap, al verstaan sy nie die taal, lojaal sal sy bly teenoor die vlaktes, dit was nog goed vir haar.

Reviews
There are no reviews yet.