Greti Strauss word groot op ’n plaas in die Vrystaat. Alhoewel sy die plaaslewe baie geniet, is haar grootste begeerte om haar LLB-graad te bekom aan die universiteit van Pretoria. Na Matriek gaan werk sy in die poskantoor en saans in ’n kafee om genoeg geld te spaar sodat sy universiteit toe kan gaan. Wanneer sy twee jaar later vanuit ’n onbekende oord finansiële hulp aangebied word om haar droom te bewaarheid, gryp sy dit met albei hande aan.
Op die trein na Pretoria beland sy in ’n ongemaklike situasie wat heelwat later vir haar goeie voordele inhou. Haar pa het van kleintyd af gesê dat sy die mitiese god van welvaart, koning Midas, se “Midas touch” het, want alles wat sy aanpak is gewoonlik ’n groot sukses. Dis dan ook hier in Pretoria waar sy haar “Midas touch” telkemale eerstehands ervaar. Dis ook hier in Pretoria waar sy haar beste vriendin ontmoet en halsoorkop verlief raak op ’n voortvarende nyweraar.
Maar… Kan koning Midas haar beskerm teen hartseer en teleurstelling? Veral toe sy die groot liefde van haar lewe voor haar oë sien verongeluk…
Hartsgeheime
Price range: R99.00 through R249.00Clarisa se verlede spook egter al hoe meer by haar en Jurie het ’n verpligting wat al hoe swaarder op sy skouers rus. As hy sy vrou los, verloor hy sy kind.Hoe kan Clarisa haar geluk op ’n ander se ongeluk bou en watter reg het sy om ’n belofte uit haar verlede te breek?

Reviews
There are no reviews yet.