Greti Strauss word groot op ’n plaas in die Vrystaat. Alhoewel sy die plaaslewe baie geniet, is haar grootste begeerte om haar LLB-graad te bekom aan die universiteit van Pretoria. Na Matriek gaan werk sy in die poskantoor en saans in ’n kafee om genoeg geld te spaar sodat sy universiteit toe kan gaan. Wanneer sy twee jaar later vanuit ’n onbekende oord finansiële hulp aangebied word om haar droom te bewaarheid, gryp sy dit met albei hande aan.
Op die trein na Pretoria beland sy in ’n ongemaklike situasie wat heelwat later vir haar goeie voordele inhou. Haar pa het van kleintyd af gesê dat sy die mitiese god van welvaart, koning Midas, se “Midas touch” het, want alles wat sy aanpak is gewoonlik ’n groot sukses. Dis dan ook hier in Pretoria waar sy haar “Midas touch” telkemale eerstehands ervaar. Dis ook hier in Pretoria waar sy haar beste vriendin ontmoet en halsoorkop verlief raak op ’n voortvarende nyweraar.
Maar… Kan koning Midas haar beskerm teen hartseer en teleurstelling? Veral toe sy die groot liefde van haar lewe voor haar oë sien verongeluk…
Fyn lyn tussen Liefde & Haat
R194.00Marcel en Stefan se lewe begin toe hy haar die eerste keer in Graad 1 Sien. Hy kry haar lief met ‘n seunshart, met ‘n liefde wat met die jare groei tot ‘n volwassenheid. Sy leer om hom te haat en te vrees. Sy begin werk ver weg van haar ouerhuis en van Stefan af. Vir nege jaar ontwyk sy hom. Dan loop sy hom weer eendag raak.

Reviews
There are no reviews yet.