Dokter Drian Malherbe besluit om vir drie maande weg te breek uit die Kaap om een van die moeilikste besluit van sy lewe te neem – om te besluit of hy in sy liefdelose huwelik moet bly ter wille van sy kinders. Die noodlot speel in sy guns toe hy in die laeveld op Tessa Roussouw, ’n pediater van Johannesburg, se erfplaas beland. Sy laat hom toe om kamp op te slaan in die ongerepte natuurskoon.
In die enkele dae wat volg, gebeur die byna ongelooflike: Tessa en Drian ontdek dat hulle mekaar waarlik liefhet en die res van hul lewens met mekaar wil deel. Tessa vrees egter dat Drian haar eendag daaroor sal verwyt dat sy tussen hom en sy kinders gekom het, en onttrek haar van hom sodat hy die finale besluit op sy eie kan neem. Met die belofte dat hy sál terugkom na haar toe, keer Tessa terug na haar lewe in die stad, om te wag.
Twee ongelukke, geheueverlies, en ’n boemelaar met dieselfde kleur hare en oë as Drian, ruk hulle lewens egter oornag uitmekaar.Tessa kom voor die moeilikste keuse van haar lewe te staan: moet sy die waarheid vertel, of haar geluk beskerm?
LIEFDE SONDER PERK is ’n roerende verhaal uit die pen van die baie bekende Wilmarí Jooste. Dit hou jou vasgenael tot op die laaste bladsy en laat jou met die salige, ewige waarheid: Ware liefde ken géén perke!
Skoonlief en die rockster (Toeganklike Grootdruk)
R269.00Heinrich Malan, beter bekend as die berugte rockster Lincoln Ray, is gewoond aan die kollig, skandale en die onophoudelike aandag van aanhangers. Wanneer hy gedwing word om as gaskunstenaar by die gesogte Mejuffrou Ultima-kompetisie op te tree, verwag hy ‘n week vol oppervlakkigheid en irritasie. Andolene Myburgh is alles behalwe die tipiese skoonheidskoningin. As joernalis en boekliefhebber neem sy slegs deel aan die kompetisie omdat haar tweelingsuster haar oorreed het. Sy verlang na stilte, eenvoud en haar gewone lewe. Wanneer hulle paaie onverwags kruis langs ‘n rustige stroompie, ontdek hulle albei dat eerste indrukke gevaarlik misleidend kan wees. Agter die wilde rockster skuil ‘n man met ‘n sagte hart, en agter die rooikop skoonheid ‘n vrou wat weier om deur voorkoms alleen beoordeel te word. Maar kan liefde blom wanneer die wêreld voortdurend kyk, oordeel en inmeng? Of sal roem, geheime en verskillende lewens hulle uitmekaar dwing voordat hul verhaal werklik kan begin? ‘n Hartroerende liefdesverhaal vol romanse, humor, musiek en onverwagte tweede kanse.

Reviews
There are no reviews yet.