In die 18de-eeuse Amsterdam droom die jong Marijke van Duin van méér as ’n veilige lewe, deftige rokke en ’n gereëlde huwelik. Toe die geleentheid opduik om haar niggie in verre Ceylon by te staan, gryp sy die kans aan vir die avontuur waarna haar hart smag. Saam met haar geliefde tante Harmonie vertrek sy op ’n gevaarlike seereis na die geheimsinnige Spesery-eiland. Tussen storms, vreemde lande en nuwe gebruike ontdek Marijke dat die wêreld groter en meer ingewikkeld is as wat sy ooit kon droom. Maar dis nie net avontuur wat wag nie. Terwyl ’n onverwagte liefde tussen Harmonie en die skeepsdokter begin ontvlam, word Marijke self gekonfronteer met vrae oor liefde, vryheid en haar eie toekoms. Die Strooipop van Spesery-eiland is ’n meesleurende historiese roman vol romanse, humor, avontuur en die geur van eksotiese speserye.
Afrika Ritme
Price range: R79.00 through R189.00Joseph, ʼn jong man uit ʼn welgestelde familie in Engeland, word gedwing om sy gemaklike lewe te verlaat wanneer sy mynmagnaat pa besluit om hom op ʼn gevaarlike seereis na Suidwes te stuur. William hoop dat die ontberings van die reis Joseph se roekelose natuur sal tem. Joseph ontdek gou dat die see sy eie geheime en gevare inhou. Terwyl hy sy pad worstel deur storms en bedreigings, word Joseph gedwing om sy eie innerlike stryd aan te pak. Sal die reis hom breek, of sal dit hom lei na ʼn dieper begrip van homself en sy plek in die wêreld?

Reviews
There are no reviews yet.