Sy sit op ‘n hoë kroegstoeltjie, voete ligweg gekruis om die hoë hakke ten beste te vertoon en bokant dit swart sykouse met patroontjies op om die aandag op haar welgevormde bene te trek. Die swart mini is nét lank genoeg om nie heeltemal onwelvoeglik te wees nie. Die bolyf sit knus genoeg om die ronding van haar borste ‘n bietjie te lig, maar geen juwele om die aandag daarvan af te lei nie.
Haar grimering is met ‘n swaar hand aangewend en onder die vals oogwimpers dartel die groen oë lewendig rond. Haar hare is pikgietswart en hang langs haar gesig verby tot onder haar skouers….
Dertien vir geluk (Grootdruk)
R309.00Sommige glo Vrydag die dertiende bring ongeluk… maar wat as dit die dag is waarop jou lewe begin verander?Rudolf Brink het vroeg geleer dat geluk nie vir almal bestem is nie. Ná ‘n kinderjare vol pyn, verlies en skuld bou hy vir homself ‘n lewe waarin daar geen plek vir liefde is nie. As gerespekteerde dokter glo hy dat emosies net seermaak – en dat sy hart veiliger is agter hoë mure. ‘n Hartroerende liefdesverhaal oor tweede kanse, emosionele genesing en die ontdekking dat ware geluk soms op die mees onverwagte dag op jou wag.

Reviews
There are no reviews yet.