Clarisa Prinsloo se enigste begeerte is om weg te vlug van haar pynlike verlede en skoon te begin. ’n Desperate vrou bied haar ’n uitweg, maar ’n baba kan nie net sommer soos ’n klein hondjie weggegee word nie.
Dokter Jurie du Toit gee haar weer hoop en Clarisa word hierdeur geïnspireer om ook ander te help. Nadat sy haar opleiding as verpleegster voltooi het, raak sy en Jurie al hoe meer aangetrokke tot mekaar.
Clarisa se verlede spook egter al hoe meer by haar en Jurie het ’n verpligting wat al hoe swaarder op sy skouers rus. As hy sy vrou los, verloor hy sy kind.Hoe kan Clarisa haar geluk op ’n ander se ongeluk bou en watter reg het sy om ’n belofte uit haar verlede te breek?
Dertien vir geluk (Grootdruk)
R309.00Sommige glo Vrydag die dertiende bring ongeluk… maar wat as dit die dag is waarop jou lewe begin verander?Rudolf Brink het vroeg geleer dat geluk nie vir almal bestem is nie. Ná ‘n kinderjare vol pyn, verlies en skuld bou hy vir homself ‘n lewe waarin daar geen plek vir liefde is nie. As gerespekteerde dokter glo hy dat emosies net seermaak – en dat sy hart veiliger is agter hoë mure. ‘n Hartroerende liefdesverhaal oor tweede kanse, emosionele genesing en die ontdekking dat ware geluk soms op die mees onverwagte dag op jou wag.

Reviews
There are no reviews yet.