Elandri Duvenhage ly aan geheueverlies na ‘n ongeluk waarin haar pa dood is. Haar oom, wat ook haar voog is, wil haar sielkundig in ‘n huwelik dwing met Conrad Maritz; Conrad met sy geskende gesig en arrogante houding wat haar met afsku vervul.
Die enigste plek waar Elandri vir hulp kan aanklop, is by Fiona, haar beste vriendin. Dié help haar om na haar oom se strandhuis te vlug. Daar ontmoet sy vir Janco Malherbe, en onder die indruk dat hy Fiona se oom is, verloor sy haar hart op die groot blonde man wat vir die polisie vlug.
Conrad spoor uiteindelik vir Elandri op. Hy is bereid om alles in die stryd te werp om Elandri te besit, en sy het nie ‘n keuse as om in te stem om met hom te trou nie.
Sal Elandri die volle koopsom kan betaal vir die liefde wat sy by Janco gevind het?
Dertien vir geluk (Grootdruk)
R309.00Sommige glo Vrydag die dertiende bring ongeluk… maar wat as dit die dag is waarop jou lewe begin verander?Rudolf Brink het vroeg geleer dat geluk nie vir almal bestem is nie. Ná ‘n kinderjare vol pyn, verlies en skuld bou hy vir homself ‘n lewe waarin daar geen plek vir liefde is nie. As gerespekteerde dokter glo hy dat emosies net seermaak – en dat sy hart veiliger is agter hoë mure. ‘n Hartroerende liefdesverhaal oor tweede kanse, emosionele genesing en die ontdekking dat ware geluk soms op die mees onverwagte dag op jou wag.

Reviews
There are no reviews yet.