Lorinda de Waal se eens lieftallige man, is deur drank verander in ’n monster. Haar nagmerriehuwelik eindig uiteindelik in ’n tragedie, waarin Chris en haar ongebore baba dood is.
Gustav Brink is daar om die stukke op te tel, maar selfs hy kan niks doen aan die diep depressie waarin Lorinda verval het nie. Uiteindelik moet hy haar laat gaan om haar te help, en stadig maar seker tel Lorinda weer haar lewensdrade op.
Die pad na heling kry egter weer ’n knou toe sy onverwags met haar verlede gekonfronteer word. Gareth Banning krap nie net weer ou wonde oop nie; hy plaas die blaam vir Chris se dood vierkantig voor Lorinda se deur.
Vasgevang saam met die rockgroep, die Wilders, moet beide Lorinda en Gareth – die leier van die rockgroep – die waarheid probeer verwerk, al bring dit op die uiteinde net hartseer en verdriet.
As liefde tuiskom (Groot Druk)
Price range: R99.00 through R299.00Alex Zeeman, ’n koue en meedoënlose sakeman, ontdek by ’n gastehuis dat sy jeugliefde Vicky, wat hy agt jaar gelede verloor het, dood is – én dat sy swanger was met sy kind. Vasbeslote om die seun wat aangeneem is, op te spoor, begin Alex ’n emosioneel gelaaide soektog na die waarheid.

Reviews
There are no reviews yet.