Boek 4 – Die einde van Dirk Pienaar en sy nageslag.
Pad van Wraak is die roman vir wie die lesers so lank gewag het. Roger Flemming moes tien jaar in die tronk boet vir ’n moord wat hy nie gepleeg het nie, en hy het wraak gesweer dat diegene sal boet wat verantwoordelik was vir tien jaar van sy lewe gesteel. Die maan skyn helder en dit verlig die tweespoor-paadjie duidelik as Roger begin draf. Twee voëls vlieg verskrik uit die bome, eenkeer waarsku ’n uil van iewers. Twintig minute later klim hy oor die agtvoet hoë hek, sluip na waar die ligte geel deur die gordyne skyn. Die Land Cruiser staan langs die rondawel geparkeer en deur die oop venster weerklink musiek uit ’n radio.
Versigtig loer hy deur die gordyn se opening. ’n Flou bedlampie brand aan die linkerkant van die massiewe dubbelbed en in die lig sien hy die drie naakte figure op die deurmekaar bed. As hy sy hand uitsteek sal hy aan die haatlike gesig van Riaan Heigers kan vat. Die man lê tussen die twee meisies. Op ’n tafel staan ’n vaatjie KFC. Daar is ook ’n amper leë bottel Chivas Regal, glase en koeldrankbottels. Hy druk die gordyn effens meer oop, sien hy vlak voor hom die 9mm Beretta pistool en ’n koplampie. Versigtig steek hy sy regterhand deur die venster en vat die pistool. Tien jaar van my lewe het hulle gesteel. Hulle gaan boet!! Hierdie roman is propvol intriges en spanning wat jou vasgekluister hou aan elke bladsy met verrassende gevolge, in so ’n mate dat jy nie die boek kan neersit nie, te bang jy mis wat Roger Flemming volgende gaan doen om sy slagoffers te laat boet ………
Die boek wat die Dirk Pienaar Trilogie finaal afsluit!
Boek 1 – Thola Sana
Boek 2 – Ramadi
Boek 3 – Noha
As die pad vurk
Price range: R109.00 through R229.00Twee seuns sit langs die Vaalrivier en maak ’n bloedeed: wat ook al die lewe bring, hulle sal altyd mekaar se broers bly. Maar die lewe het ander planne. Wanneer Donald Mackay skielik sy ouers in ’n tragiese ongeluk verloor, stort sy wêreld in duie. Die familieplaas verdwyn, sy toekoms word onseker en die mense wat hy vertrou, draai teen hom. In die skadu van verlies en verraad ontdek hy egter ook iets onverwags — ’n intense liefde wat grense, ouderdom en gevaar trotseer. Terwyl geheime ontvou en geweld al nader kruip, besef Donald dat elke keuse ’n prys het. In ’n land waar die wêreld vinnig verander, staan hy voor ’n vurk in die pad: vlug van sy verlede… of veg vir alles wat van hom gesteel is. Soms verander een besluit ’n hele lewe. En soms begin die ware stryd eers wanneer die pad vurk.

Reviews
There are no reviews yet.