Riccardo Caselli is in ’n ernstige geloofstryd gewikkel na die dood van sy verloofde ’n jaar gelede. Hy dink daaraan om te bedank, maar sy medeleraar – ook sy beste vriend – praat hom om om Paradys toe te gaan en in te staan vir die predikant wat in die hospitaal is na ’n hartaanval. Teen sy sin stem Riccardo in, maar raak tog betrokke by Paradys se mense. Die mooie Berné Krige, wie se hande vir niks verkeerd staan nie, kruip sommer gou onder sy vel in. Hy loop hom ook vas in Berné se jonger suster, Jeandri, met haar bont hare, skokkende kleredrag en swak taalgebruik wat níks reg wíl doen nie. Al word hy gewaarsku om nie betrokke te raak by Paradys se swartskaap en moeilikheidmaker nie, kom hy gou agter; onder daardie rebelse dop is ’n mens waarvan niemand in Paradys weet nie. Nadat Jeandri in ’n ongeluk was, laai Riccardo haar af by tant Fina – Paradys se kluisenaar wat predikante háát. Kan Riccardo Vir Jeandri hervorm sodat sy aanvaarbaar sal wees vir Paradys? En sal hy tant Fina kan oortuig dat alle predikante nie dieselfde is nie? Ferdinand se hulp word ingeroep, maar Ferdinand verloor sy hart op die beeldskone Cinelle de Groen. Hoe kan daar ooit ’n gelukkige einde wees wanneer Berné besef dat Cinelle die suster is wie sy so haat en dat sy vir Riccardo gaan verloor?
Ant Fifi en ander stories
Price range: R99.00 through R179.00In die klein dorpie Kleindorp, waar almal mekaar ken en niks ooit regtig stil gebeur nie, leef Ant Fifi haar lewe op haar eie, baie unieke manier. Met haar skerp tong, eerlike hart en onverwagte maniere om probleme op te los, raak sy keer op keer vasgevang in die mees onverwagte situasies – van Corona-toetse en dominees tot verkeerde toilette, spietkops en selfs spoke. Saam met die goedbedoelende maar half deurmekaar Giepie en die altyd planmakende Sors, word elke dag ’n avontuur vol chaos, lag en soms net-net oorlewing. Maar onder al die humor en skreeusnaakse oomblikke lê ’n warm hart, ’n verlange na behoort en ’n dorpslewe wat nie so eenvoudig is soos dit lyk nie. Ant Fifi en ander stories is ’n bundel wat jou laat lag, laat onthou en jou laat wens jy ken self iemand soos Ant Fifi.

Reviews
There are no reviews yet.