Stories, Sketse en ander Seerkrye
Pa het altyd gesê lag is die enigste manier om die lewe se oppe en affe te hanteer.Soms word mens egter gekonfronteer met dinge totaal buite jou beheer, dinge wat die grond onder jou voete uitneem. ʼn Bitter moeilike jaar by die werk, siekte en dood … Ek kon kies – sink of skryf, lag of huil.
Ouma se manewales en snaakse sêgoed, ʼn rondloperkat en ʼn eerste vliegtuigrit – die lewe saam met Ouma was nie een oomblik vervelig nie.
ʼn Onverwagse operasie en kamer deel met ʼn vreemde vrou met ‘black toes’, vreemde mense langes die viswater en ʼn troetelhoender, word stories wat eendag op die ouetehuis se stoep vertel sal word.Ben troef ʼn boelie en Danie verdedig sy Janie teen ʼn spinnekopwyfie wat haar naels in hom probeer slaan terwyl Jana die verlede kan agterlaat en ʼn nuwe lewe begin op Tweede Asem.Tog skemer die seer deur, die lewe is hoeka nie net in humor gebaai nie. Daardie seermaakdinge moet in die oë gekyk en by die naam genoem word om hulle sodoende tot rus te kan lê.Met ʼn soetseer bydrae deur Theo Wassenaar in herinnering aan ons kleinboet, Johan.
Sing vir my ‘n droom (Grootdruk)
R239.00Amanda Visser is gelukkig met haar rustige lewe: studies, haar geheime droom om eendag ‘n skrywer te word, en haar klein kringetjie vriende. Liefde is die laaste ding waarvoor sy tyd het. Toe haar beste vriendin haar oorreed om een aand na ‘n klub te gaan luister na ‘n gewilde nuwe orkes, verander alles. Op die verhoog staan Ben Calitz – ‘n jong sanger met ‘n stem wat haar teroer en oë wat blykbaar net vir haar sien. Wat begin as ‘n toevallige ontmoeting, groei vinnig tot iets wat albei se lewens onherroeplik verander. Maar liefde kom nie sonder uitdagings nie. Amanda worstel met haar studies, haar kritiese ma se verwagtings en die onsekerheid van ‘n verhouding met iemand wat in die kollig leef. Ben dra op sy beurt sy eie verlede en drome saam. Kan twee mense wat voel hulle harte het mekaar herken, die storms van die lewe trotseer? Of sal hul droom van liefde net dit bly – ‘n droom? Sing vir my ‘n droom is ‘n hartroerende liefdesverhaal oor hoop, musiek, familie, tweede kanse en die moed om jou hart te volg.

Reviews
There are no reviews yet.