Hierdie omvattende digbundel neem die mens op reis deur die lewe. Die seer, pyn, verlange, verwerping, hoogtepunte, laagtepunte en ook geluk wat die skrywer en duisende ander mense daagliks ervaar. Die gedigte is relevant tot vandag en in die bundel neem die skrywer haar en ander mense se lewens in oënskou.
Die rou emosies waarmee die skrywer skryf gee lesers ‘n onverbloemde blik op haar gedagtes en gevoelens en is die bundel geskik vir tieners tot veterane.
Mag hierdie bundel lig werp op die lesers wat soms in die donker wandel.
Die Nuwe Era Groot Verseboek 2023
Price range: R99.00 through R399.00Boodskap aan ons digters en nageslag
Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see, oor ons ewige gebergtes, waar die kranse antwoord gee… kom die mooiste klanke van ons Moedertaal, Afrikaans. Afrikaans is die taal van die digkuns en Die Nuwe Era Groot Verseboek 2023 is weereens ’n bewys daarvan. Tog spreek die digkuns die emosionele kant van ons menswees aan daarom is dit die taal van ons hart en los ons dit as erfenis. Eendag sal ons nageslag besef hul hartskamer is vol woorde-erfgoed wat kleur aan die lewe geeen wanneer die digter ons verlaat en die herinnering stadigaan kwyn, bly die woorde die werklikheid wat Afrikaans sal staande hou. Mag ons woorde altyd lewendig gehou word deur die digkuns.

Reviews
There are no reviews yet.