R309.00

Volmaan oor die Vaalrivier (Grootdruk)

Tussen die Vaalrivier, wilde diere, ou wonde en nuwe liefde moet Wolf en Anneline uiteindelik besluit of hulle bereid is om alles te waag vir iets wat geen van hulle kan koop of beheer nie.
Want soms begin die grootste liefde juis waar twee mense besluit om nooit op mekaar verlief te raak nie.
Sy wou sy plaas hê. Hy wou haar nooit hê nie. Maar die liefde het ander planne gehad.

978-1-99748-393-9 291 2026-10-19 Afrikaans , , ,

Meet The Author

Wolfgang Stegman is ’n man wat sy eie pad loop. ’n Wilde, vreeslose Vrystater met ’n sterk wil, ’n sagte hart en ’n verlede vol verlore liefde. Wanneer hy onverwags die eienaar van die plaas Uitsig langs die Vaalrivier word, keer hy terug na ’n wêreld wat hy nooit gedink het hy weer sou betree nie. Daar ontmoet hy Anneline Kent – beeldskoon, ryk, intelligent en gewoond daaraan om haar sin te kry. Sy wil Uitsig hê. Wolf weier om dit te verkoop. Van die eerste ontmoeting af spat die vonke. Hulle bots, terg mekaar en probeer hardnekkig om hul gevoelens te ontken. Maar agter Anneline se selfversekerdheid skuil ’n vrou wat vir die eerste keer iets ontdek wat geld nie kan koop nie. Wolf dra ook die letsels van ’n liefde uit sy verlede. Tanya Karpoff, sy eerste groot liefde, verskyn onverwags weer en dwing hom om die pyn van gister in die oë te kyk. Tussen die Vaalrivier, wilde diere, ou wonde en nuwe liefde moet Wolf en Anneline uiteindelik besluit of hulle bereid is om alles te waag vir iets wat geen van hulle kan koop of beheer nie. Want soms begin die grootste liefde juis waar twee mense besluit om nooit op mekaar verlief te raak nie. Sy wou sy plaas hê. Hy wou haar nooit hê nie. Maar die liefde het ander planne gehad.

Book Type

Language

Age Group

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Volmaan oor die Vaalrivier (Grootdruk)”