Identiese tweelingbroers, Ivan and Richter Wessels, se wêreld verander binne drie dae in totale chaos. Brandweerman Richter Wessels beland in die hospitaal nadat hy die multi-miljoenêr, Mia Reiniër uit haar brandende huis red. Advokaat Ivan Wessels loop hom keer op keer vas in verpleegster Bianca Brink.
Dit asof albei die broers liefde vind, maar Mia is nog steeds getroud met Conrad Fourie en Bianca dryf Ivan teen die mure uit.
Sal Bianca se verhouding hulle uiteenlopende persoonlikhede oorleef? Ivan, tipiese advokaat, probeer Bianca oordonder, tot so ‘n mate dat sy ‘n drastiese besluit neem. En wanneer Conrad Fourie uit aanhouding ontsnap, lyk dit asof tragedie vir beide Mia en Bianca tref. Gaan Bianca betyds wees om Ivan weer te sien, of gaan dit vir hulle albei te laat wees.
Dertien vir geluk (Grootdruk)
R309.00Sommige glo Vrydag die dertiende bring ongeluk… maar wat as dit die dag is waarop jou lewe begin verander?Rudolf Brink het vroeg geleer dat geluk nie vir almal bestem is nie. Ná ‘n kinderjare vol pyn, verlies en skuld bou hy vir homself ‘n lewe waarin daar geen plek vir liefde is nie. As gerespekteerde dokter glo hy dat emosies net seermaak – en dat sy hart veiliger is agter hoë mure. ‘n Hartroerende liefdesverhaal oor tweede kanse, emosionele genesing en die ontdekking dat ware geluk soms op die mees onverwagte dag op jou wag.

Reviews
There are no reviews yet.