Price range: R99.00 through R259.00

Wie ‘n skat vind

(1 customer review)

Hoe meer haar lewe bedreig word, hoe meer dring die besef tot haar deur dat sy niemand meer kan vertrou nie – nie haar groep vriende, haar familie, of selfs vir Chrisjan en sy vrou, Nikki, nie.
Hierdie is ‘n hartroerende en opwindende avontuur wat jou van bladsy een tot die einde sal laat raai.

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
All Ages
Clear
Afrikaans
Clear
978-1-99123-252-6 218 2023-02-21 Afrikaans N/A , ,

Meet The Author

‘n Misdaadroman
Dit was bloot toevallig dat Beverley en haar broer, Chrisjan, op die skatkaart in hul afgestorwe ouers se huis afgekom het. Aanvanklik het dié ontdekking haar bitter ontstel, want hul ouers was immers nie rowers of skattejagters nie … was hulle?
Kort voor lank begin sy met die gedagte speel dat daar regtig ‘n skat iewers in die Sederberge versteek is. Sy maak dit haar missie om dit op te spoor en vas te stel of haar ouers betrokke was by die versamel en versteek daarvan. Sommer vinnig-vinnig oorreed sy vir Chrisjan om saam met haar na die skat te gaan soek.
Dinge verloop nie soos sy gedink het nie en die soektog duur baie langer as wat sy gehoop het. Sy was egter glad nie voorbereid op die impak wat dit op haar lewe sou hê indien die skat gevind word nie.
Hoe meer haar lewe bedreig word, hoe meer dring die besef tot haar deur dat sy niemand meer kan vertrou nie – nie haar groep vriende, haar familie, of selfs vir Chrisjan en sy vrou, Nikki, nie.
Hierdie is ‘n hartroerende en opwindende avontuur wat jou van bladsy een tot die einde sal laat raai.

Book Type

, ,

Age Group

Language

1 review for Wie ‘n skat vind

  1. renevdm123

    Resensie deur Alida de Bruyn:

    Wie ’n skat vind deur Agatha van der Merwe is ’n verhaal vir elke leser wat hou van skattejagte, misterie en daardie heerlike gevoel van wegraak in ’n boek met ’n warm koppie Rooibos tee langs die bed.
    Die verhaal begin wanneer Beverley en haar broer, Chrisjan, op ’n skattejag vertrek met slegs ’n ou kaart wat moontlik na ’n groot skat kan lei. Maar ná maande van soek raak Chrisjan moedeloos. Sy werk en huwelik ly reeds skade onder die obsessie om iets te vind wat dalk nie eens bestaan nie. Beverley, egter, weier om op te gee. Sy soek alleen verder — en ontdek baie meer as waarvoor sy ooit voorberei was.

    Wie ’n skat vind is meer as net ’n avontuurverhaal. Dit is ’n verhaal van liefde, verlies, vertroue en hoop. Dit wys hoe liefde onverwags jou lewe kan binnekom en hoe iemand wat jy nooit sou verwag nie, jou grootste troos kan word.
    Ek het besonder die dinamiek tussen Beverley en Leo geniet. Hul spel met emosies hou die leser vasgevang. Wanneer Beverley vir Leo in ’n ander vrou se arms betrap, voel dit asof haar wêreld weer in duie stort — maar soos enige goeie roman bring die waarheid verrassende antwoorde.

    Hierdie verhaal neem jou op ’n reis waar jy nie net ’n toeskouer bly nie, maar deel word van die ondersoek, deel van Beverley se hartseer, haar vrese en haar hoop. Dit is die tipe storie wat jou sommer lus maak om self ’n skatkaart te gaan soek.

Add a review