Sewe vreemdelinge. ’n Afgeleë kasteel teen ’n misbedekte berg. En limerieke wat in bloed geskryf word. Toe die land in inperking gaan, aanvaar De Wet Coetzee ’n oënskynlik onskuldige uitnodiging om die afgesonderde Reed-kasteel te gaan oppas. ’n Kans om weg te kom. ’n Kans om weer te skryf. Maar skaars het die gaste hul kamers betrek, of ’n donker rympie wag op elkeen — ’n waarskuwing oor skuld wat nie afgewas kan word nie. Wanneer die eerste limeriek in bloed teen ’n muur verskyn, besef hulle: iemand speel nie speletjies nie. Elke vers ontbloot ’n geheime sonde. Elke rym voorspel ’n dood. Afgesny van die buitewêreld. Geen ontsnapping. Geen hulp. En wanneer De Wet die enigste oorlewende is, begin die ware vraag: Wie het die limerieke geskryf? En wat as die digter nog lank nie klaar is nie?
Die Vuurhoutjiedosie
Price range: R99.00 through R179.00Die Vuurhoutjiedosie vertel die aangrypende verhaal van Smiley Solomon, wat twaalf jaar in Pollsmoor uitdien vir ’n moord wat hy nie gepleeg het nie. Ná sy vrylating ontdek hy dat sy beste vriend, Vaatjie Daniëls, die belofte verbreek het om na sy gesin om te sien. Verskeur tussen wraak en die verlange om die dogter te vind wat hom nie ken nie, moet Smiley kies watter pad hy sal loop. ’n Rou verhaal oor verraad, vergifnis en hoop.

Reviews
There are no reviews yet.