Price range: R99.00 through R269.00

Adder Kasteel

(1 customer review)

“Slange! Hoekom moes dit juis slange wees? Asof dit nie erg genoeg is om in die visier van ’n reeksmoordenaar te wees nie…”
ʼn Rustelose siel dwaal steeds in die ou kasteel, waar Altus du Preez, ‘n skrywer op soek na inspirasie, ‘n stil gastehuis kies om te ontsnap van die alledaagse. Maar die geheime van die ou Maritz-familie weef donker skaduwees oor sy verblyf. Onheilspellende figure, spoke wat verborge juwele soek, en ‘n verhaal van begrawe skatte ontvou voor sy oë. Met elke dag wat verbygaan, groei Altus se obsessie om die waarheid te ontbloot, terwyl hy toenemend vasgevang raak in die dodelike lokvalle van die kasteel se grusame verlede.
Dit is ‘n verhaal van mistieke kragte, geheimsinnige sterftes en die ewige gesoek na verlossing.

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
Afrikaans
Clear
All Ages
Clear
978-1-99145-566-6 236 2024-12-07 Afrikaans N/A ,

Meet The Author

“Slange! Hoekom moes dit juis slange wees? Asof dit nie erg genoeg is om in die visier van ’n reeksmoordenaar te wees nie…”
ʼn Rustelose siel dwaal steeds in die ou kasteel, waar Altus du Preez, ‘n skrywer op soek na inspirasie, ‘n stil gastehuis kies om te ontsnap van die alledaagse. Maar die geheime van die ou Maritz-familie weef donker skaduwees oor sy verblyf. Onheilspellende figure, spoke wat verborge juwele soek, en ‘n verhaal van begrawe skatte ontvou voor sy oë. Met elke dag wat verbygaan, groei Altus se obsessie om die waarheid te ontbloot, terwyl hy toenemend vasgevang raak in die dodelike lokvalle van die kasteel se grusame verlede.
Dit is ‘n verhaal van mistieke kragte, geheimsinnige sterftes en die ewige gesoek na verlossing.

Book Type

, ,

Language

Age Group

1 review for Adder Kasteel

  1. renevdm123

    Ek het Adder kasteel baie geniet. Dit is ʼn spanningsvolle verhaal: romanse verweef met misdaad en bonatuurlike verskynsels. Sommer met die intrapslag het die hoofkarakter, Altus, ʼn ‘ontmoeting’ met ʼn gees terwyl hy nog op pad is na die vermaarde Maritz-Kasteel, beter bekend as Die Spookhuis, wat omskep is in ʼn gastehuis. Altus is ʼn skrywer en die spookstories oor die kasteel wat die rondte doen, het sy verbeelding aangegryp, maar hy het ook verneem dat ou Jochemus net voor die oorlog ʼn trommel vol geld begrawe het wat nog nooit weer gevind is nie – en dit is hoofsaaklik die rede vir sy besoek. Hy is nie die eerste en enigste persoon wat na die versteekte trommel op soek is nie, en gierigheid neem die oorhand. As daar nou een karakter is wat my gefassineer het, dan is dit die geheimsinnige Trevor wat tydig en ontydig sy opwagting maak.
    Ek kan Adder Kasteel beslis aanbeveel. Die verhaal is boeiend en hou ʼn mens aan die wonder oor wat die skakel tussen die dwaalgeeste en die onnatuurlike dood van twee vorige gaste is. Veral omdat hulle deur slange gepik is wat nie tipies in daardie omgewing voorkom nie. Die raaisels verdiep soos wat die storie vorder en die spanning opbou.

Add a review