Hayley het haar verlede doelbewus agtergelaat. Ná ’n verraad wat haar hart in stukke geruk het, het sy ’n nuwe lewe in ’n klein dorpie begin bou—ver weg van die mense en herinneringe wat haar eens alles beteken het. As arbeidsterapeut fokus sy haar energie daarop om ander te help genees, al weet sy self hoe diep wonde kan sny. Maar die verlede het ’n manier om jou weer in te haal. Wanneer Lennard onverwags voor haar deur verskyn ná jare van stilte, word Hayley gedwing om die waarheid te konfronteer wat sy so lank probeer begrawe het. Was alles wat sy geglo het werklik waar? Of was daar geheime en manipulasie agter die skynbare verraad wat haar lewe verander het? Terwyl ou emosies weer opvlam en lank verborge waarhede na die oppervlak begin kom, moet Hayley besluit of sy die moed het om weer te vertrou. Want soms is die pad na genesing nie om weg te hardloop nie—maar om die verlede in die oë te kyk. En dalk te ontdek dat ware liefde nooit werklik verdwyn nie.
Phanina
Price range: R79.00 through R119.00In Phanina neem Heleen Bruwer jou op ‘n onthou pad van kleintyd deur mielielande tot waar jy kan sit en dink oor die keuses wat jy gemaak het in jou lewe. Hierdie bundel is nie net ’n leeservaring nie, maar ’n ontmoeting – met jouself, met God en met die stille krag van woorde wat genees. Haar grootste wil en wens is dat hierdie bundel jou hart sal aanraak en jou gees omvou word met die liefde wat vir almal vrylik beskikbaar is. Die keuse bly steeds joune.

Reviews
There are no reviews yet.