Price range: R99.00 through R179.00

Klatergoud

Jandre Vermeulen is gebore om te erf – grond, rykdom en ’n naam wat respek afdwing. Sy lewe is reeds vir hom uitgestippel, tot Marlie, die bywoner se dogter, sy wêreld omkeer. Wat begin as herinnering, word ’n verbode verlange en uiteindelik ’n liefde sonder grense.

Tussen trots, klas en familie druk moet Jandre kies: bly hy in ’n wêreld van skyn, of waag hy alles vir die liefde wat hom werklik vry maak?

’n Passionele liefdesverhaal oor verbode liefde, keuses en die krag van die hart.

PAPERBACK PDF
Clear
Afrikaans
Clear
Adult
Clear
978-1-99748-318-2 124 2026-06-23 Afrikaans N/A , ,

Meet The Author

""Ek het geleer: verlies bring trane, maar herinneringe bring stories – en stories bring genesing.""

Die waarheid spoor altyd sy slagoffer op. Jandre Vermeulen is gebore om te erf – grond, rykdom en ’n naam wat respek
afdwing. Van kleins af is sy pad vir hom uitgelê: neem die plaas oor, kies ’n vrou uit die regte kringe, en leef die
lewe wat sy pa vir hom beplan het. Tog volg die hart nie altyd die pad van verstand nie. Tussen die stofpaaie en
songebrande lande leef ’n ander waarheid – een wat hy nie kan ontvlug nie. Marlie, die bywoner se dogter, dra ’n stilte
en krag wat sy wêreld omkeer. Wat begin as herinnering, word verlange… en uiteindelik ’n liefde wat geen grense ken
nie. Wanneer trots, klas en familie bots met die waarheid van sy hart, moet Jandre kies: bly hy vasgevang in ’n wêreld
van skyn en verwagtinge – of waag hy alles vir ’n liefde wat hom werklik vry maak? In ’n wêreld waar alles blink,
ontdek hy dat nie alles goud is nie….

Book Type

,

Language

Age Group

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Klatergoud”