In die laat veertigs droom die jonge Anieke soos alle jong meisies oor haar toekoms. Sy sal gaan leer en haar ouers help om haar jonger broers en susters te help grootmaak.
Die noodlot besluit anders. Sy moet stad toe gaan, werk soek en vergeet van skoolgaan. Haar drome lê in skerwe. Sy vertrek met die trein, stad toe, jonk onskuldig en onkundig. Sy ontmoet Jaco, ‘n treindrywer, op die trein en hy word haar steunpilaar. Hy help haar om losies te kry asook werk in fabriek, klein loon en onmoontlike lang ure op haar voete.
Jaco is haar eerste kennismaking met die stad.
Waldo, haar baas is skatryk en aantreklik maar buite bereik vir die jong fabriek meisies.Sy trou met Jaco, hy is haar sekuriteit en sy weet hy is baie lief vir haar. Maar wat van Anieke? Sy aanvaar haar omstandighede en saam met Jaco neem sy ‘n wilsbesluit. Sy sal ‘n goeie vrou vir hom wees.
Wie weet van die geheim in Anieke se verlede, nie net ‘n geheim nie maar ‘n deel van haar wat vir ewig verlore is: of is dit werklik verlore vir haar?
Koop die tyd uit … al is dit hoe min.
Die man van Proxima (Grootdruk)
R229.00Toe die jong wetenskapstudent, Lourette Greyling, vreemde boodskappe uit die sterre ontvang, glo sy aanvanklik dat sy haar verbeelding die oorhand laat kry. Maar wanneer Maques, die geheimsinnige man van Proxima, voor haar verskyn, verander haar lewe onherroeplik. Hy neem haar op ‘n ongelooflike reis deur die kosmos – na wêrelde wat deur hul eie roekeloosheid vernietig is en beskawings wat die prys van hul onverskilligheid betaal het. Met elke openbaring besef Lourette dat die aarde se toekoms op die spel is. Maar hoe oortuig ‘n mens die wêreld van ‘n waarheid waarvoor daar geen bewyse bestaan nie? En sal die mensdom luister voordat dit te laat is? Die man van Proxima is ‘n aangrypende wetenskapfiksieroman vol verwondering, avontuur en ‘n tydlose boodskap oor die waarde van die enigste tuiste wat ons het.

Reviews
There are no reviews yet.