Geheime
Price range: R69.00 through R169.00‘n Aangrypende verhaal van liefde, verlies en die keuses wat ‘n familie maak. Die opvolg van Keuses
|
Orders Delivered Within 7 - 10 Days Due To Print On Demand. |

‘n Aangrypende verhaal van liefde, verlies en die keuses wat ‘n familie maak. Die opvolg van Keuses
Louisa se stryd om haar identiteit en die konflikte met haar aanneemouers raak die leser diep. Kan dit lei tot hoop en versoening?
Magriet is die enigste kind van streng ouers. Nadat sy haar studies voltooi het, kry sy ’n onderwyspos by ‘n skool waar sy kinders met spesiale behoeftes onderrig. Hier ontmoet sy die ouers van een van haar leerlinge en sy raak halsoorkop verlief op hul oudste seun, Willem.
Wanneer Magriet Willem aan haar ouers gaan voorstel, verbied haar vader haar om Willem weer te sien.
Die jong vrou se lewe neem ‘n heel ander koers, sonder Willem daarin.
Wie weet van die geheim in Anieke se verlede, nie net ‘n geheim nie maar ‘n deel van haar wat vir ewig verlore is: of is dit werklik verlore vir haar?
Koop die tyd uit … al is dit hoe min.
Met rukkende of is dit hortende asemstote soek Riana verward in haar deurmekaar wêreld na die boek. Sy knik haar kop stadig op en af asof sy die antwoord so pas gevind het.
“Riana? Is daar iets wat jy onthou? Probeer die woorde lees dan vertel jy my wat jy sien.”
Hierdie hartroerende verhaal vertel van die seer van ‘n ma deur haar dogter verwerp. Kan liefde weer gevind word na al die hartseer?