In die vroe jare 60, was Salvokop ‘n spoorweg dorpie. Meeste inwoners was arm spoorweg-werkers. Janetta word by haar pa groot, talent-volle pragtige rooikop. Mario ‘n Italiaanse sanger besoek Suid Afrika, wanneer hy die mooi rooikop sien, verloor hy sy hart. Hulle planne loop skeef as Mario dringend moet teruggaan Itali toe. Omstandighede en mis-verstande skei hulle paaie.
Gaan Janetta met haar skoolliefde trou?
En Minjonette…?
Soms neem die lewe sy eie loop…
n Tere liefdesverhaal van drome en misverstand en sal die liefde weer oorwin?
Die man van Proxima (Grootdruk)
R229.00Toe die jong wetenskapstudent, Lourette Greyling, vreemde boodskappe uit die sterre ontvang, glo sy aanvanklik dat sy haar verbeelding die oorhand laat kry. Maar wanneer Maques, die geheimsinnige man van Proxima, voor haar verskyn, verander haar lewe onherroeplik. Hy neem haar op ‘n ongelooflike reis deur die kosmos – na wêrelde wat deur hul eie roekeloosheid vernietig is en beskawings wat die prys van hul onverskilligheid betaal het. Met elke openbaring besef Lourette dat die aarde se toekoms op die spel is. Maar hoe oortuig ‘n mens die wêreld van ‘n waarheid waarvoor daar geen bewyse bestaan nie? En sal die mensdom luister voordat dit te laat is? Die man van Proxima is ‘n aangrypende wetenskapfiksieroman vol verwondering, avontuur en ‘n tydlose boodskap oor die waarde van die enigste tuiste wat ons het.

Reviews
There are no reviews yet.