Elyna Boudin verloor albei haar ouers toe sy net vyf jaar oud was. Haar grootouers, Gunther en Imke Schmidt, neem haar en sy het die voorreg om op die plaas Duwiseb, tagtig kilometer van Maltahöhe, groot te word.
Geïnspireer deur die Duwiseb kasteel wat deur ’n baron die vorige eeu vir sy bruid gebou is, gaan studeer sy argitektuur. Deur die jare was haar wens om haar ouers se gedenkplaat te gaan opsoek – dit is geleë in die Visrivier Canyon. Hulle is albei deur ’n swartmamba dood gepik tydens ’n staptog daar.
Alhoewel haar niggie Lida en oupa haar afraai om te gaan, beplan sy om nadat sy mondig geword het, die roete te gaan stap en die plek te besoek. Sy beplan alles haarfyn en bespreek haar staptog onder ’n vals naam. Die noodlot slaan toe. Op die derde dag van haar staptog, val sy wanneer sy saam met die ander stappers die redelike vol rivier oorsteek. In die ongeluk beseer sy haar rug en haar kop.
Dokter Zeus von Heinitz is die chirurg wat haar by ongevalle inwag en dadelik op haar opereer. Hy is ook die man wat haar meedeel dat sy aan geheueverlies lei en verlam is.
Dit laat Elyna sonder verlede, sonder heenkome en verlam … Zeus von Heinitz raak op haar verlief, neem haar na sy huis en versorg haar.
Sal sy ooit haar verlede onthou, sal Zeus se liefde vir haar genoeg wees om lewe te kies?
Byt van die Bloedhond
Price range: R129.00 through R319.00’n Vliegramp skeur ’n familie uitmekaar… maar die waarheid bly nie begrawe nie. Toe Aziz Fahri nog net drie jaar oud was, is hy van sy ma geskei en in pleegsorg geplaas—’n besluit wat sy lewe vir altyd sou verander. Jare later, wanneer ’n vliegtuig kort ná opstyg neerstort, word ou wonde oopgeruk en geheime begin stadig ontvou. Terwyl Aziz sy plek in die wêreld probeer vind, begin leidrade na sy verlede na vore kom—leidrade wat wys dat niks was soos dit gelyk het nie. Liefde, verraad en oorlewing vleg saam in ’n verhaal waar elke keuse ’n prys het. Wie kan jy vertrou as die mense naaste aan jou die grootste geheime dra? Byt van die Bloedhond is ’n aangrypende aksie-thriller oor verlies, identiteit en die onkeerbare krag van waarheid.

Reviews
There are no reviews yet.