Vreemde paaie is ’n bundel met tien lekkerlees kortverhale en nege gedigte wat die leser op ’n interessante reis vol intriges, avontuur en lewenslesse neem.
Kalle gaan soek na ’n skat wat sy agter oupagrootjie vir hom op ’n eiland nagelaat het. In die volgende verhaal sukkel Ada om haar pa se skielike dood te verwerk, tot sy ’n uitlaatklep ontdek.
Vreemde Paaie, wat ook die titel van die bundel is, voer die leser weg na Las Vegas, die stad van liefde. Myra verloor dan ook haar hart in Reno. Met haar terugkeer na Suid-Afrika wag daar egter ’n groot verrassing op haar wat haar nuutgevonde liefde in gevaar stel. Gaan Lando betyds wees om haar uit die kloue van kroonprins Amir te red?
Riaan Nel kry meer as waarop hy gehoop het toe hy een aand wens hy was in in vrou de skoene, en sy in syne.
In die verhaal: Die Ontsnapping – raak Raya, jonk, ongekunsteld en naïef, verlief op Shaun O Reilly, onwetend van die donker kant wat verskuil lê agter sy sjarme. Die bundel word afgesluit op ’n hoë noot, wanneer Lou Stadler selfs moord sal pleeg om om te kry wat hy wil hê.
My hoop is dat elke persoon wat Vreemde Paaie lees, die kombinasie van kortverhale en gedigte sal geniet en dat dit saam met die verskeidenheid van genres sal sorg vir goeie ontspanning.
Die Nuwe Era Groot Verseboek 2026
Price range: R129.00 through R329.00Nuwe Era Groot Verseboek 2026 is meer as net ‘n versameling gedigte – dit is ‘n viering van die Afrikaanse woord en die mense wat hul harte in ink durf oopskryf.
Kom stap tussen die pilare van herinnering, ontdek die krag van eerlike woorde en laat elke vers nog lank in jou eggo.

Reviews
There are no reviews yet.