Die 16-jarige Johannes Coetsee gly op 13.11.1904 by die Langkloof Waterval, distrik Belfast. Hy val by die waterval af en sterf 4 ure later aan kopbeserings. Was hierdie ‘n ongeluk of het sy twee maats, wat saam met hom daar was, met sy ongeluk iets te doen gehad?
Elsie Katriena Coetsee trou as 17-jarige met die 21-jarige Hendrik Willem Daniël Coetsee op 4.2.1885 te Reddersburg. Dertien maande later word haar Sterfkennis ingevul met oorsaak van dood as “verdrinking in put”. Hoe verdrink ‘n 18-jarige vrou in ‘n put?
Op 23.10.1893 sterf Johanna Catriena Coetsee en haar jonger suster Eliesabetha op dieselfde dag toe hulle deur die weer doodgeslaan word. Die susters was 19 jaar en 15 jaar oud. Wat het gebeur? Hoe word twee susters op een dag deur die weer doodgeslaan?
Op 11.5.1895 trou die 19-jarige Maria Judith Coetsee op Pietersburg met die 23-jarige Johannes Jacobus Frederick Roselt. Tydens die Anglo Boereoorlog word Frederick op 27.2.1900 by Paardeberg gevange geneem toe Piet Cronjé oorgee aan die Engelse. Hy sterf op 6.5.1900 op St Helena as krygsgevangene aan Broncho Pneumonia en word in die Knollcombe begraafplaas op St Helena begrawe. Hy was net nog een van die 146 Boere wat op St Helena begrawe is en nooit weer huis toe sou gaan nie. Permanent vervreem van bloed en land.
Tergende vrae en aangrypende, hartseerverhale speel hulle af op die bladsye van hierdie boeiende ware geskiedenis van die nageslag van Maarten Petrus Albertus Coetsee en sy vrou Elsje Catharina van der Merwe. Die deernisvolle verhale sal almal wat belangstel in geskiedenis, genealogie en nie-fiksie, aangryp.
Outcast
Price range: R89.00 through R289.00The inside scoop on the Krugersdorp appointment murders.
Instead of writing the story, she became the story. Outcast. She is Marizka, a journalist with a keen nose for a story. He is Le Roux, one of six suspects responsible for 11 gruesome murders in one of the most bizarre crime stories to hit South Africa.

Reviews
There are no reviews yet.