Elke seun wil op een of ander stadium ’n brandweerman, vlieënier, Springbok rugbyspeler of renjaer word. Baie selde word hierdie drome bewaarheid.
In die laat sestigs is Rusland en Amerika in die ruimtewedloop. In die Koue Oorlog word nuwe vliegtuie en ruimtetuie ontwikkel. ’n Kaalvoet seun in die Vrystaat volg alles in die nuus en wil vir NASA werk, maar wil ook ’n renjaer word. Sy kamermure is vol prente van renmotors, vliegtuie en ’n kaart van die maan met moontlike landingsplekke. Hy leef in sy verbeeldingswêreld en skets planne van vuurpylenjins en vliegtuigvlerke. Hy bou ’n vuurpylenjin wat werk met ’n trekker se kragparaffien. Hy leer ook dat Suid-Afrika se politiek dit amper onmoontlik maak om dié drome te kan beleef.
Hy gaan skool in Welkom, doen sy diensplig in 6 SAI en 2 SAI en studeer Ingenieurswese by Tukkies. Hy werk in Suid-Afrika se jong lugvaartindustrie en sy eindelose verbeelding skep ’n geleentheid om in die buiteland te gaan studeer en werk.
Dié boek is ’n versameling anekdotes van hierdie epiese reis vanaf die stowwerige gruispaaie van die Vrystaat tot die Autobahn na Stuttgart, die Golden State Freeway verby Caltech se Jet Propulsion Lab kampus. Hy woon en/of werk in verskeie lande. In Rusland werk sy span in Leonid Brezhnev se Dacha op die mees ongelooflike lugvaartsamewerkingsprojek. Iewers langs die pad ontmoet hy ’n beeldskone, slim Franse meisie. Projeksekerheid is oortuig sy werk vir die Franse geheime diens.
Dit is ’n lang en ongelooflike pad van Welkom in die Vrystaat tot by Einstein se kantoor …
Kobus de Villiers is in Bloemfontein gebore en het in Welkom skool- gegaan. Ná sy loopbaan is hy nou afgetree. Hy doen steeds konsultasiewerk en bou eksperimente in sy werkswinkel by die huis. Kobus woon saam met sy vrou op die weskus van Kanada. Hulle het ook ’n kuierplek in die suide van Frankryk.
From Bloemfontein to Bargème
Price range: R109.00 through R359.00From the dusty plains of Bloemfontein to the timeless hilltop village of Bargème in France, From Bloemfontein to Bargème, is a deeply personal journey across continents, cultures and memory. Through vivid recollections and reflective storytelling, Kobus de Villiers traces the winding path of a life lived beyond expectations — from a childhood shaped by the rhythms of the Free State to extraordinary travels through Europe, Africa and beyond. With honesty and gentle humour, he explores identity, belonging and the restless urge to seek more than the life that was mapped out for him. Each chapter unfolds like a carefully preserved photograph: moments of love, loss, adventure, military service and quiet reflection woven into a tapestry of experience. Along the way, landscapes become characters, memories blur with imagination, and the question of home evolves into something far greater than geography. This memoir is not only a travelogue but a meditation on time, heritage and the stories that shape us…

Reviews
There are no reviews yet.