Gebaseer op ‘n ware verhaal.
‘n Angswekkende gil weergalm in die donker gang af. Afgemete voetstappe klop onheilspellend op die harde teëls. Koue oë staar deur die loergat in die swaar houtdeur.
Ek is hier in Moskou Oblast se sanatorium. Hoe het ek hier beland – was dit deur die KGB of Vladlen Mikhailov se Vierde Departement? Hulle niksseggende kantore is mos hier naby, net ? paar honderd meter wes van die Kremlin, by 19 Bolshoi Znamenskylaan.
Gedagtes warrel in my agterkop. Wie het vir Gerald Bull geskiet en waarom?
Saddam het Koeweit binnegeval en oorlogswolke pak saam op die ongenaakbare warm woestynhorison terwyl ons hier in die ys en sneeu moet leef.
Die span Suid-Afrikaanse ingenieurs werk geheimsinnig agter die hoë muur om Bresjnjev se datsja.
Gila – is sy ‘n agent van die Mossad en waarom sou die Suid-Afrikaners kennis dra van Irak se Projek 144 by die Al Qaya in Bagdad?Is die gerugte dat Suid-Afrika moontlik Mig-29 vliegtuie vir die Lugmag gaan aanskaf, wel waar?
Mandela word uit die tronk vrygelaat terwyl ? staatsgreeppoging in Rusland plaasvind.
Wat gaan van mý word, hoe gaan ek hier uitkom?
Vlug 237
Price range: R119.00 through R329.00Hierdie spanningsverhaal ontvou teen die agtergrond van 1987 se onstuimige politieke klimaat. Die raaisel begin met die tragiese neerstorting van die Helderberg, gevolg deur geheimsinnige voorvalle oor verskeie lande heen: ’n joernalis verdwyn in Tsjaad, ’n Franse diplomaat sterf onder vreemde omstandighede in Botswana, en ’n geheimsinnige man verdwyn in Jerusalem. Intussen ontvang ’n afgetrede Mossad-agent ’n gekodeerde boodskap, en ’n vreemde vliegtuig land by Waterkloof. Wie stuur ’n roosblaar as waarskuwing? Wat verbind al hierdie gebeure? Is dit toevallige insidente of dele van ’n veel groter geheime komplot?

Reviews
There are no reviews yet.