Die Tsitsikamma is die konteks waar hierdie gesprekke oor geloofskwessies plaasvind. Die omgewing met die see en die bos bied metafore vir die gespreksgenote om te reflekteer op hulle verstaan van God en op talle vrae wat daaruit voortvloei. Die dertien gesprekke is breedweg gebaseer op die geloofstellings van die Twaalf Artikels, waarop krities maar simpatiek gereflekteer word. Die metafoor “halfmak” word van die skrywer Petra Müller oorgeneem en van toepassing gemaak op die soort teologie wat onderliggend is aan al die gesprekke. Soekend en versigtig word alternatiewe bedink, wat resoneer met die tradisie én die huidige denkklimaat. Daarom eindig die boek ook met ‘n kort en bondige geloofsbelydenis as ‘n soort opsomming van die hele boek.
Verhale wat reik na die Ewigheid
Price range: R89.00 through R279.00Verhale wat reik na die Ewigheid is ‘n inspirerende bundel van geestelike liedere, getuienisse en die lewens van geloofshelde soos Martin Luther, Corrie ten Boom en Billy Graham — ‘n hartlike uitnodiging om weer te glo en jou hart te rig op dit wat werklik saak maak.

Reviews
There are no reviews yet.