Die Tsitsikamma is die konteks waar hierdie gesprekke oor geloofskwessies plaasvind. Die omgewing met die see en die bos bied metafore vir die gespreksgenote om te reflekteer op hulle verstaan van God en op talle vrae wat daaruit voortvloei. Die dertien gesprekke is breedweg gebaseer op die geloofstellings van die Twaalf Artikels, waarop krities maar simpatiek gereflekteer word. Die metafoor “halfmak” word van die skrywer Petra Müller oorgeneem en van toepassing gemaak op die soort teologie wat onderliggend is aan al die gesprekke. Soekend en versigtig word alternatiewe bedink, wat resoneer met die tradisie én die huidige denkklimaat. Daarom eindig die boek ook met ‘n kort en bondige geloofsbelydenis as ‘n soort opsomming van die hele boek.
Hallo Julle Volume 2
Price range: R99.00 through R239.00Die boek bestaan uit geestelike bemoedigings wat oorspronklik spruit vanuit my eie lewenservarings. Ek is maar n doodgewone man, en dit waarmee ek wroeg en hoe die Gees my daardeur lei, sal vir elke gewone mens van waarde wees om te lees. Ons almal het troos, stigting en bemoediging nodig – om te ontvang, maar ook om uit te deel.
Ons almal het groei nodig. Ons almal moet geestelik fikser word.
Die wedloop waaraan ons deelneem raak al hoe meer liberaal, sonder dissipline en geestelik lewensgevaarlik.

Reviews
There are no reviews yet.