Frans Calitz, se bundel getiteld Dodedanser en ander Essays nooi die leser om deur middel van sy versameling stories en essays, by hom aan te sluit. Sy essays is briljant geskryf en in die bundel kom sy liefde vir sy geboorte-wêreld sterk na vore. Lambertsbaai en die Sederberge word dikwels in sy skrywes gebruik. Beide het ’n groot rol in sy kinderjare gespeel. Hy onthou die emosies wat die plekke ontlok het. Hier beleef jy van sy ervarings uit sy lewe of uit die lewe van sy vriende of familie, soos byvoorbeeld die beskrywing van dood: Die ontydige klop. Buite staan die doodshoof. Gebitte sonder lippe en ʼn kruis agter ʼn skedel met gate waar die oë was. Dodedanser met ʼn boodskap sonder stem. Die dood!! Hierdie uitstekende bundel essays beloof om lank na jy dit klaar gelees het, nog by jou te bly.
As die Liefde Seëvier
Price range: R59.00 through R139.00“Vanoggend brand die helder son weer alles dood,” praat Amanda met Paul, wat net sit, moedeloos, met sy kop in sy hande. “Wat ook al gebeur, my vrou, ek het hierdie stuk aarde baie lief,” antwoord Paul. “Die Moordenaarskaroo is wreed, dor en naby die hel,” praat Amanda hardop met haarself. Die timbre in haar stem roep haar hele wese tot stilstand.

Reviews
There are no reviews yet.