Bokdrol in die pad is ’n versameling van gedigte wat oor die emosie en die lewe gaan. Daar is kabouterlesse en arend motiewe ingeskryf. Jy gaan lees van die rooimiersoldaat en hoe die bokdrol voel. Dis gebaseer op ’n warboel van emosie wat in ’n unieke styl boodskappies van die hart na die leser oordra. Elke gedig is ’n blik wat ek het op die lewe. Sorg dat jy soos die wingerdstok aan God vashou, dan hoef jy jou nie te vergryp aan onwaarskynlike pilare nie. Sien die mooi eerste raak, want daar is genoeg ander mense wat die sleg uitwys. Vergewe om jouself vry te maak en los die straf in God se hand. Hy is regverdig. Moenie toelaat dat ander mense wan jou gedagtewêreld ’n tronk maak nie, dis nie hul wat daar moet leef nie… Dis jy.
Die Nuwe Era Groot Verseboek 2022
Price range: R99.00 through R369.00Wordsworth noem die digkuns “die spontane oorloop van kragtige gevoelens” en ek moet saamstem, want in 2020 is die eerste Nuwe Era Groot Verseboek vrygestel en digters se woorde is verewig op papier.
Dit is 2022 en ek glo nog steeds dat hierdie verseboek die brug vorm tussen die Groot Meesters en vandag se digters wat ‘n ander vorm van poësie aan ons bring.In hierdie bundel is daar 61 digters se verse opgeneem wat ‘n groot mylpaal in die digterswêreld is en ons besef opnuut dat die digkuns die beitel van ons taal is.
Mag die digkuns altyd voortleef deur ons en in ons.

Reviews
There are no reviews yet.