Twee jare lange vriendinne se droom om ‘n Karibiese bootreis mee te maak, word uiteindelik bewaarheid. Aan boord van die ‘Freedom of the Sea’ bemerk kaptein Bertollini gou die twee uitsonderlike skoonhede en nooi hulle om sy eregaste te wees met die Kapteinsbal. Ben en Koert, twee van die vrygeselgaste, het egter ook hulle oog op die twee vroue.
Marisol en Zora se droomvakansie ontaard vinnig in ’n nagmerrie tydens die Kapteinsbal toe die bemanning van die passasiersboot oorrompel en die boot beset word deur seerowers onder aanvoering van die vreeslose seerowerkaptein, Stede Bonnet. Kaptein Bertollini kan maar net magteloos toekyk hoe een van sy gaste deur Stede Bonnet na die seerowers se boot geneem word as gyselaar in ruil vir sy gaste se veiligheid.
Wat gaan die gyselaar se lot aan boord van die ‘Revenge’ tussen ’n klomp rowwe seerowers wees?
Leila (Groot Druk)
R269.00Wat begin as ’n droomavontuur deur Marokko se betowerende landskappe, verander in ’n nagmerrie toe Leila spoorloos in die Saharawoestyn verdwyn. ’n Onskuldige oomblik van nuuskierigheid lei tot haar ontvoering deur Bedoeïene en haar verkoop aan ’n magtige, geheimsinnige sjeik. Ver verwyder van alles wat sy ken, bevind Leila haarself in ’n wêreld van weelde, geheime en ongesproke reëls – ’n goue gevangenis waar vryheid en gevaar hand aan hand loop.Terwyl haar vriende desperaat na haar soek, moet Leila leer oorleef in ’n paleis waar magspeletjies, jaloesie en verborge agendas skuil. Maar agter die sjeik se koue beheer lê ’n innerlike stryd wat alles kan verander. Leila is ’n verhaal van moed, oorlewing en die dun lyn tussen vrees en verlange – ’n reis waar liefde, gevaar en lotsbestemming mekaar in die woestyn ontmoet.
