Jannus du Plessis se lewe is op die rand van ‘n afgrond – sy ma is sterwend, en ‘n geheim wat dekades lank begrawe was, wag om onthul te word. Wanneer hy na sy tuisdorp terugkeer, word hy in ’n wêreld van onthou en ontdekking ingetrek. ’n Kroeg met ‘n geheimsinnige gedenkplaat, ‘n man met fletsblou oë wat te veel weet, en ‘n verlede wat anders lyk as wat hy geglo het.
Wie was sy pa regtig? En hoekom het sy ma nooit van sy ware familie gepraat nie? Namate die waarheid ontrafel, moet Jannus die brokke van sy verlede bymekaarsit – selfs al beteken dit dat hy sy hele identiteit moet heroorweeg.
’n Verhaal van familie, verlore drome en ‘n man wat na sy eie waarheid moet soek.
Komplot
Price range: R99.00 through R239.00Ná twaalf jaar by die polisiemag gooi Inspekteur Jan Joubert die handdoek in en begin as privaat speurder. Sy eerste saak: ‘n vriend wat spoorloos verdwyn het ná ‘n groot lewenspolis. Is dit versekeringsbedrog of iets meer sinisters? Sy ondersoek lei hom oor die grens, reg in die pad van meedoënlose dwelmsmouse en korrupte amptenare. Intussen laat ‘n beeldskone vrou sy hart vinniger klop. Kan Jan die geheime komplot betyds ontrafel of wen die skelms dié keer?

Reviews
There are no reviews yet.