In die Angolese oorlog is Portugese boere se lewens nie ’n sakkie aartappels werd nie. Kubane moor en roof en die vêrafgeleë plase word geplunder.
Grace oorleef die ergste aanval op haar gesin. Sy vlug – swanger en met haar driejarige dogtertjie.Vier Suid-Afrikaanse soldate kry haar, verhonger en uitgeput en help haar tot in Suidwes-Afrika.
Hier skei hul paaie en die enigste mense wat sy leer vertrou moet terug Angola toe. Vrou alleen, sonder heenkome, geen familie of besittings gaan sy moedig voort.
Grace verloor alles, maar sal die uiteinde vir haar geluk bring? Miskien ANDERKANT WEERBEGIN?
Die man van Proxima (Grootdruk)
R229.00Toe die jong wetenskapstudent, Lourette Greyling, vreemde boodskappe uit die sterre ontvang, glo sy aanvanklik dat sy haar verbeelding die oorhand laat kry. Maar wanneer Maques, die geheimsinnige man van Proxima, voor haar verskyn, verander haar lewe onherroeplik. Hy neem haar op ‘n ongelooflike reis deur die kosmos – na wêrelde wat deur hul eie roekeloosheid vernietig is en beskawings wat die prys van hul onverskilligheid betaal het. Met elke openbaring besef Lourette dat die aarde se toekoms op die spel is. Maar hoe oortuig ‘n mens die wêreld van ‘n waarheid waarvoor daar geen bewyse bestaan nie? En sal die mensdom luister voordat dit te laat is? Die man van Proxima is ‘n aangrypende wetenskapfiksieroman vol verwondering, avontuur en ‘n tydlose boodskap oor die waarde van die enigste tuiste wat ons het.

Reviews
There are no reviews yet.