‘n Psigopaat se korrupte en sedelose lewe besmet die lewe van almal om hom tot hy sy hand oorspeel en kaptein Francois Roux op die toneel verskyn. Met doelgerigde speurwerk begin hy die donker lewe van die gewetenlose manipuleerder oopvlek en word hy ondersteun deur ‘n toegewyde joernalis wat glo dat die krag van die media nooit onderskat moet word nie. Dit lei onder meer tot ‘n deurbraak in die ondersoek na die dood van ‘n beeldskone meisie wie se lyk op ‘n ysige winteroggend in Bloemfontein se Loch Logan-meer gevind is.
Die soeke na geregtigheid kom egter nie sonder ‘n prys nie en word ‘n familie uitmekaar geskeur as dinge begin skeefloop. Die spannende intriges ontvou uiteindelik ten goede vir iemand wat altyd ‘n stryd moes voer in die skadukant van die lewe. Die katnes van onheilighede laat ‘n mens onwillekeurig wonder: Is die mensdom nie elke dag aan sulke besmetting uitgelewer nie?
The Professor
Price range: R99.00 through R319.00Natalie-Dominique is no ordinary spy—she’s a witty, skilled connoisseur and investigative journalist. When her latest mission from the enigmatic Mr X turns personal after a friend is nearly killed, she dives into a dangerous case involving Russian and Irish criminals. With the help of her elite team, she must expose the truth and stop a deadly plot. The Professor is a gripping thriller filled with action, suspense, and a bold female lead who refuses to back down.

Reviews
There are no reviews yet.