Elke mens se lewe is ‘n legkaart, een wat jy jou hele lewe lank aanmekaar sit. Tog is die finale prentjie dikwels nie wat jy oorspronklik voorgestel het nie. Trouens, jy sien die prentjie heeltemal anders as ander mense. Dit is omdat jy te besig is om die stukkies te soek en in te pas wat uiteindelik jou prentjie aan die wêreld sal wys.
Die leser hiervan sal met sekere verhale kan identifiseer, en ander dalk nie. Maar die leser sal die lewe deur my oë sien, en was my lewe nie kleurvol nie? Een ding wat ek in die lewe moes leer, is dat swart ook ‘n kleur is. Die donker dae en nagte is noodsaaklik as kontras vir die helder sonskyndae, en dae van rou en weemoed…
Hallo Mev Noag
Price range: R79.00 through R239.00Hallo, Mev. Noag is ‘n boek saamgestel deur wanhoop en hoop, ongeloof en geloof met die wete dat wie ons is, waar ons bly, wat ons in ons lewens al gedoen het (goed of sleg) dat God se genade nooit vir ons sal of kan verander nie. Geloof in Hom is al wat ons nodig het om ons deur “enige situasie” te help.
Geloof het Noag gered, Geloof het my, Liezel, gered!
Geloof sal jou ook red!

Reviews
There are no reviews yet.