Die verwaarloosde, bevreesde meisie vlug ylings teen die kranse op, deur die digte bos en dorings, wat haar krap en steek. Sy is vreesbevange maar terwyl sy hardloop luister sy na die geluid van moontlike agtervolgers. Haar grootste vrees is dat hy, die man, haar sal kom soek. Honger en dors maak haar lighoofdig en vrees dryf haar om verder teen die kranse op skuiling te vind.Sarina is nie bewus daarvan dat sy val nie, ook nie dat iemand by haar buk nie.
Adriaan en sy suster Hilda versorg haar so goed sy kan. Is daar ‘n verband tussen die meisie en Adriaan se verloofde wat spoorloos verdwyn het?
Sarina mag nie wegkom nie. Al pas Hilda haar hoe goed op, bly sy ‘n gevaar vir die sindikaat van wie sy gevlug het. Hulle moet haar teen alle koste probeer opspoor. Gerugte van ‘n dwelmhandelaars doen die rondte, maar dit is nie al nie. Hoekom het Sarina onder valse voorwendsels ‘n onderwyspos bekom? As Adriaan vreemde spore en beweging op sy plaas ontdek, begin die poppe dans. Watter vreemde dinge gebeur in hulle omgewing?Die verhaal ontknoop met soveel verrassings en weereens bewys die skrywer, niks gebeur sonder ‘n doel nie. Liefde seëvier altyd.
Liefde is ‘n Kuns (Groot Druk)
Price range: R119.00 through R309.00Wanneer Lukas en Nadia oogkontak maak ontplof die universe. Wat ‘n perfekte kombinasie, die Kunsgeskiedenis professor en kuns kritikus. Omstandighede maak dit duidelik dat hulle vir mekaar gebore is. Dan gebeur die onvoorsiene, Nadia kom tot haar eie gevolgtrekking en vlug. Haar paaie kruis met die skatryk cassino eienaar, maar haar hart smag na ‘n man met ‘n donker baard. Sy moet ‘n besluit neem, Heinrich verstaan nie hoekom sy bly weifel nie. Hy verwag ‘n antwoord van haar, hy het haar lief. Wat van Lucas?
Sy sal besluit na die kunsuitstalling. Is dit wat die toekoms vir haar inhou?
Wat van Lucas? Het hy vergeet van die liefde in sy lewe?

Reviews
There are no reviews yet.