Kleiduiwe kan vlieg
Price range: R99.00 through R269.00Kleiduiwe kán vlieg – die titel is ontleen aan ‘n tema vanuit die Nuwe Testamentiese apokriewe waar menslike mag deur ‘n wonderwerk opgehef word – is ‘n hibriede-roman wat bestaan uit ’n aantal novelles wat dikwels ook van die kortverhaalstruktuur gebruik maak. Onderskeie intriges word binne die novelles uitgebou, terwyl die hoofkarakter en ander karakters, die milieu, tyd en omstandighede tematies verbind word. Die tema van vernietiging deur menslike keuses word deurgaans gevolg, terwyl die woord en die verhaal in die skryfaksie ter wille van die skryfaksie self vir die skrywer en moontlik ook die leser ‘n katarsis bring.
