Mieke se wêreld is besig om inmekaar te stort. Vasgevang in ‘n web van pyn, uitputting en nagmerries, neem sy ‘n moedige besluit: sy laat haar opneem in die Heide Kliniek. In ‘n veilige omgewing, omring deur eienaardige, tog onvergeetlike karakters soos die veelvoudige Maureen en die saggeaard sielkundige Derick, begin Mieke stadig maar seker haar seer ontrafel. Elke traan, elke lag, elke handvol klei en selfs ‘n skilpad-slak bring haar nader aan herstel. Sy leer weer slaap, glimlag, swem – en skryf. Maar die pad na genesing is nie reguit nie, en die pyn van die verlede klop hard aan. Sal sy uiteindelik die moed hê om haar diepste wonde oop te maak en haar stem terug te vind?
Die avontiere van Kerneels Fourie
R199.00Ontmoet Kerneels Fourie – ’n klein hondjie met ’n groot persoonlikheid en nog groter avonture! Van sy eerste dag in sy nuwe huis tot sy snaakse ontmoetings met Chappieskat, die “koel ouers” en ’n wêreld vol vreemde mense-goeters, vertel Kerneels sy storie op sy eie unieke manier. Met sy skewekop-kyk, snaakse redenasies en onweerstaanbare eerlikheid, neem hy lesers saam op ’n reis vol lag, chaos en liefde. Maar wees gewaarsku – hierdie is nie ’n gewone storie nie. Dis vertel in egte hondetaal, waar alles nét ’n bietjie anders klink en baie meer pret is! Tussen modder-avonture, dam-uitstappies en klein stoutighede leer Kerneels ook wat dit beteken om deel van ’n familie te wees. ’n Hartroerende en skreeusnaakse storie wat wys: Soms sien ’n hond die wêreld baie beter as mense.

renevdm123 –
En ek sal Lag – is ‘n hartroerende verhaal. Die emosies hardloop sommer hoog soos wat ‘n mens ingetrek word in Mieke se wêreld deur realistiese gebeure en karakters. Ek het veral die humoristiese oomblikke geniet. ‘n Boek wat ek beslis sal aanbeveel.