Tanya staan voor ʼn lewensveranderende besluit. Om haar gedagtes te orden, stap sy die stiltes van die Tsitsikammawoud
binne, waar sy vir Jean-Pierre ontmoet – ʼn man met dieselfde liefde vir die natuur en bewaring van bedreigde
plantsoorte as sy. ʼn Onmiddellike verbondenheid spruit tussen hulle, maar Jean-Pierre se gevoelens word getoets wanneer
hy ontdek dat Tanya in die geheim verloof is aan Francois. Wanneer hy sien hoe haastig die huwelik gereël word, groei
sy agterdog. Tanya se geheimhouding laat hom vermoed dat Francois nie is wie hy voorgee om te wees nie. Dalk is hy
slegs agter haar erfporsie, Dietenheim Hotel en Lodge, aan – of hou hy iets teen haar oor haar kop? Jean-Pierre is
vasberade om haar te beskerm en haar te laat sien waar haar ware geluk lê. Maar Tanya dra ʼn groter geheim – een wat
alles kan verander.
As maskers val (Grootdruk)
R289.00Toe joernalis Eloise Roos na Gansbaai gestuur word om gerugte van perlemoensmokkelary rondom die magtige sakeman Justin Hudson te ondersoek, verwag sy ’n gevaarlike storie — nie ’n man soos Matthew Hudson nie. Onder die dekmantel van ’n biografieprojek kry Eloise toegang tot die Hudson-huis, waar luuksheid, invloed en geheime agter elke glimlag skuil. Hoe langer sy daar bly, hoe moeiliker raak dit om waarheid van voorgee te onderskei. Want alles dui daarop dat iets donker onder die oppervlak broei. Terwyl haar hart haar in een rigting trek en haar instinkte in ’n ander, besef Eloise dat sy nie net ’n storie ondersoek nie — sy stap reguit in die middel van ’n web van leuens, gevaar en verborgenheid in. Wanneer maskers begin val, is die waarheid gevaarliker as wat sy ooit kon dink … en die prys daarvan dalk haar hart.

renevdm123 –
Boekverslag deur Annalize Hills
Agatha woeker met woorde en ryke beskrywings in haar nuutste boek, Erfgenaam van Dietenheim.
Hierdie verhaal speel af in die Tsitsikamawoud en omliggende gebied. Kan jy jouself indink aan ‘n lewe waar jy alles het, behalwe die een persoon wat saak maak?
Die skrywer bekoor die leser met haar unieke skryfstyl en goeie taalgebruik. Daar is verskeie intriges soos wat dit deur verhoudings van die gekose karakters gemanifesteer word. Die dialoog is skerp en word benut om konflik te beklemtoon. Die tempo is vinnig.
Die leser word heeltyd betrek by die doen en late van elke karakter. Selfs die ontknoping word ‘n spinnerak van gebeure met ‘n verrassende slot.
Dit is die perfekte leesstof vir lesers wat ‘n veelvlakkige roman geniet en waardeer.