Nia Vermoot sal enige iets doen om uit te vind wat van haar ouers geword het.
Die laaste wat sy hulle gesien het, was die dag toe sy hulle op ’n vliegveld in
Benoni gaan afsien het, vir ’n welverdiende vakansie saam met hulle vriende.
Die ligte vliegtuig en sy passasiers was daarna nooit weer gesien nie.
Wanneer ’n bizarre geleentheid, vier maande later, d.m.v. ’n Internetboodskap
haar in staat stel om die nodige hulpmiddele te bekom om uit te
vind wat met haar ouers gebeur het, word sy in die huwelik bevestig met die
geheimsinnige Adam van Eeden, wat sy gesig met ’n masker bedek en sy oë
verskuil hou agter ’n donkerbril.
Direk na die seremonie word hulle per helikopter na ’n afgeleë eiland vol
gevare geneem, waar al die vroue wit, en die mans swart sluiers en
slooprokke dra.
Op die eiland kom sy gou agter waarom sy na die eiland gebring is, maar wie is
die erg verminkte vrou wat vir Adam so belangrik is dat hy bereid was om met
haar te trou en haar ’n miljoen rand te betaal om na die pasiënt om te sien.
Waar pas Ula, die jongmeisie met die swart oë wat Nia byna slaafs van kop tot
tone bedien, in Adam van Eeden se lewe?
Spooktrein
Price range: R99.00 through R189.00Presies een jaar nadat haar ouer suster, Lara, spoorloos by ‘n rondreisende kermis verdwyn het, keer dieselfde kermis terug na die dorpie. Vir Celine is dit meer as net ‘n toevalligheid – dit is haar laaste kans om die waarheid te ontdek.
‘n Geheimsinnige fortuinverteller, vreemde klopgeluide uit die spooktrein en ‘n jong werktuigkundige wat blykbaar meer weet as wat hy durf sê, lei Celine al dieper in ‘n wêreld van geheime tonnels, leuens en gevaar. Maar hoe nader sy aan die waarheid kom, hoe duideliker word dit dat iemand bereid is om enigiets te doen om die donker geheime van die kermis te beskerm.
Met die kermis wat binnekort weer vertrek, raak tyd haar grootste vyand. Nou moet Celine besluit hoe ver sy bereid is om te gaan om haar suster terug te bring.

fitchetnoleen –
Baie spanned tot aan die einde.
Die Jong Nia is so desperaat Om
Haar ouers te vind.
Wat summer verdwyn het. Sy sal self met n wild vreemde man in die huwelik tree.
Tussen die vreemde gemaskerdes leer sy waarom sy haar op n eiland brvind.
Die verhaal Hou jou geboei tot die laaste bl.